Jeug

In die Moedergemeente is ons baie lief vir ons kinders.  Daar is elke Sondag tydens die erediens ‘n spesiale kinderoomblik en in ons dienste is  daar ‘n goeie balans tussen verskillende aanbiddingstyle.  Vanuit ‘n Jeugbedieningsoogpunt bou ons, ons bediening saam met ons kinders op die volgende vier pilare:

Saam aanbid – dit sluit alle musiek in maar ook aanbidding van alle soorte

Saam leer – dit sluit in ons kategeseskool wat baie goed funksioneer, en ook baie klem word gelê op Huisgeloof (daar waar die kinders by hul ouers leer elke dag)  Daar is ook leer geleenthede by laer en hoërskool waarby ons betrokke is (Soldaatjies en GPS)

Saam bid – dit is ons stilword oomblikke van luister en praat met God, ons bid saam met ons Oumensies in Heidehof, en nooi almal na  die Oupa en Ouma dae toe vir saam bid.

Saam getuig – dit is al ons geleenthede waar ons kinders blootstelling kry om die evangelie te verkondig.

Al ons gedagtes en idees word aan die 4 uitgangspunte getoets, dit help ons om ons roeping duidelik uit te leef van God se hoop en liefde aangee.

Sokker oor plaas en dorpsgrense

Daar word ons hier op ons eie skoolgronde so lekker verras deur Jongensklip se Sokkerspan. Die span van die mooie plaasskool het “gesteuwel en getrui” opgedaag by Laerskool Overberg se sportvelde op Dinsdag 17 September 2019. Dis die tweede jaar wat so ‘n informele sokkerdag tussen die Jongensklip en Overberg Laerskole gehou word. Informeel in“Sokker oor plaas en dorpsgrense”

Lees verder

Posted in blog | Comments Off on Sokker oor plaas en dorpsgrense
Scroll to top