Jeug

Lukas 18 vers 16 is ons opdrag van Jesus wat ons met passie en liefde in ons gemeente uitoefen om ons kinders van klein tot groot deel te maak van ons gemeente.

Ons bedien aan verskillende ouderdomsgroepe.

Sondae tydens die erediens het ons 'n spesiale kinderfokus geleentheid om die Sondag boodskap vir ons jonger maats op ń manier aan te bied dat hulle ook deel kan wees van die erediens.

Saam met die kinderfokus gee ons ń huisgeloof aktiwiteit, en so skep ons ń geleentheid vir ouers om saam met hulle kinders oor God te kan praat en by mekaar te leer en saam te groei.

By ons Jeugbediening het ons vier pilare wat ons as riglyne gebruik. Verhoudings is die sement wat die pilare sterk hou.

Die eerste is saam aanbid - Aanbidding van alle soorte word hier ingesluit - lofsangaande, lofdanse om maar net ń paar op te noem.

2de is saam leer - Kategeseskool is hier ń groot fokus punt. Nie net word daar lesse behandel Sondae nie, daar is ook kampe en ander geleenthede waar ons op ander manier ons kinders kan leer van Christenskap. By beide ons skole is ons betrokke. Daar dien ons nie net ons gemeente se kinders nie, maar ook ons gemeenskap se kinders.

Dan kom saam dien - Weereens by ons skole en by ons kerk is daar gebedsgeleenthede waar kinders saam kom om te bid. Ons besoek 1 keer ń kwartaal ons te huis van bejaardes en bid dan saam met die Ooms en Tannies daar.

Laaste is saam getuig - hier is ons geleentheid waar ons ons kinders kan help om hulle geloofstories te deel en ander te inspireer en so die evangelie te verkondig.

Die vier pilare help ons om gefokus te bly aan ons opdrag sodat ons ons roeping kan uitleef en God se hoop en liefde te kan aangee en uitleef.

Scroll to top