Die vlakke of trappe van vergelyking lei my tans om die bos...Tog hoor ek God se stem nog so duidelik...hoop en liefde is my opdrag!!
Nood in ons gemeenskap   neem klomp vorms aan, hier volg inligting vir jou en jou huis van punte van hoop en liefde.
1.Ons Kosbakkie en Dankofferprojekte gaan aan soos altyd. Hulp word waardeer.
2.Ons is ook in samewerking met Wes gemeente en VGK Caledon betrokke by noodverligting.  Die projek het vanaf 1 Julie sy frekwensie van kosgee dae verander.  Tans word Dinsdae en Donderdae kos voorsien (nie meer elke dag nie)
Einde Julie gaan ons die projek weer evalueer.  Die logika is dat mense terug gaan werk toe.  Die hartseer is dat klomp mense hul werk verloor het.  Ons moet aanhou bid en dink en dien op die punt.
3.Ons het n lys met groepe wat in verskeie areas werk en verskillende groepe bedien wat duplisering help voorkom die regeringshulp via d munisipaliteit is ook hierby ingereken.
4.Ons hou aan bid en vra wysheid soos situasie vorder.
Seën en sterkte
Scroll to top