ng caledon articles - Sokker oor plaas en dorpsgrense

Sokker oor plaas en dorpsgrense

Daar word ons hier op ons eie skoolgronde so lekker verras deur Jongensklip se Sokkerspan.

Die span van die mooie plaasskool het “gesteuwel en getrui” opgedaag by Laerskool Overberg se sportvelde op Dinsdag 17 September 2019. Dis die tweede jaar wat so ‘n informele sokkerdag tussen die Jongensklip en Overberg Laerskole gehou word.

Informeel in die sin dat daar nie eers amptelik “score” gehou word nie. Die kinders hou wel op hul eie telling. Die seuns van gr.6-7 daag op die dag op by die skool en Jongensklip se manne word vervoer van hul skool af. Dan word daar lekker koek geeët en dan begin die sokker. Daar is so twee skeidsregters om die ongeveer 40 spelers te help om min of meer volgens ‘n stel reëls te speel. Maar die groot doel is om ons kinders te help om net te speel – om kind te wees sonder enige verwagting van wie is die beste.

Wat so verbasend is, is om te sien hoe gemaklik die kinders raak na so rukkie van saamspeel. Die ou sokkerspelers speel heerlik en met oorgawe maar die manne wat vir die eerste keer speel geniet dit net soveel.

Dankie vir mnr. Rouxan by Laerskool Overberg wat al die middele tot ons beskikking gestel het, dankie ook vir George de Kock sonder wie se inisiatief die dag nie moontlik sou wees nie.

Dit was voorwaar ‘n heerlike SPEELDAG en ons hoop om dit in die toekoms weer te doen.

Scroll to top