ng caledon articles - By Diepgat verby die Berg op

By Diepgat verby die Berg op

Vrydag die 13de September het dit begin. (en alles was wonderlik en reg)

Ons was so span van 8 wat die berg aangedurf het onder John Hauman se professionele leiding elke oomblik geniet het. Die Vrydag het ons ‘n kort maar heerlike stappie gehad tot by die oornag hut wat net-net genoeg spasie vir ons spannetjie gehad het. Met ‘n heerlike braaivleis agter die blad het ons die aand goed geslaap in ritme van die man langs jou. Die volgende dag het ons die langer stap aangedurf, en die berg en natuurskoon so mooi beleef. ‘n Stukkie van God se skepping wat ons nederig gehou het. Waterstrome en plantegroei om net voor dankbaar te wees. Die gemoedere was goed deur die stap en die pas was net reg. Ons het gedink tydens die stap oor ons lewens wat soms te vinnig raak en hoe ons weer kan seker maak ons is in pas met God se spoed. Stap help besonders baie hiermee, om net weer saam met jou Skepper te wandel.

Dankie aan elkeen wat die geleentheid onmisbaar gemaak het!

Scroll to top