Vir ons kinders

R138.00

As ‘n grootouer wil jy ‘n spesiale band met jou kleinkinders he. Maar dit is nie altyd maklik nie. Die jong gesinne beweeg deesdae dikwels in ‘n koorsagtige tempo rond. Selfs as julle in dieselfde dorp woon, kan dit dus moeilik wees om te kliek. As jy duisende kilometer ver bly, het jy bykomende uitdagings. Die skrywer het kreatiewe maniere aangeleer om die kilometers te oorbrug. Haar idees, met die van ander grootouers, is prakties getoets en verfyn – supermaklike en meer betrokke maniere om sterk verhoudings met jou kleinkinders op te bou. Maak dus gereed om jou kleinkinders te geniet, nuwe dinge te leer en om met jou kleinkinders te kliek – of hulle naby of ver is.

Scroll to top