Kategese

Kategese in 'n tyd van Inperking

Ons as kinders van God is nooit afgesny van ons Bron nie.  In hierdie tyd is daar minder menslike insette in ons lewens maar so baie tyd om by God uit te kom.  Ons moedig ons leiers aan om per sosiale media betrokke te wees by ons kinders en hul op heeltyd in hul verhoudingsgroei met God te ondersteun.

As gesinne het ons die reeds bestaande praktyk van Huisgeloof en ons moedig mekaar aan om saam by God te wees.

Ons Kategeseskool fokus deurlopend op hoe ons 4 elemente saam doen:

  1. Saam bid
  2. Saam leer
  3. Saam getuig
  4. Saam aanbid.

In hierdie tyd is al 4 die aspekte steeds teenwoordig.  Gesels met jou kind oor hoe dit in jul huis werk.  Gesels met jou kategeet oor enige gedagtes en veral behoeftes.

Seën in die tyd van God met ons!

Kontak vir Larese Ellis

 

Laai die inligting af

Kategese ouer brief

Scroll to top