Source: Geloof is soos tande borsel | DinkJeug
12 WENKE OM GELOOF DEEL VAN ELKE DAG TE MAAK
Geloofsgewoontes is gewoontes wat jou deurlopend help om geestelik te groei. Net soos die gewoontes van tande borsel, bad en drie etes per dag ons help om skoon te leef en gesond te wees, is dit belangrik om ook alledaagse geloofsgewoontes te hê wat jou en jou kinders geestelik voed. Deur elke dag geloof te “oefen”, versterk ons dit en groei ons saam!
Kan jy dink aan enige gewoontes of rituele in julle gesin wat julle reeds in plek het bv. Bybelstories lees, voor ete bid, kerk toe gaan ens.? Gesels saam oor watter nuwe gewoontes julle kan deel maak van julle gesinslewe.
Lees artikel vir meer voorstelle.