Getuienisbediening

Tans is ons as Getuienisbediening by verskeidenheid diens areas betrokke onder andere :

  1. Samaritaanbediening - onder leiding van Ds Werner van den  Heever – die bediening van ons plaasarbeiders en hul gesinne. Tot nou was die hoof fokus  Jongensklip as bedienings area maar daar word beoog om hierdie diens ook  in die toekoms na ander dele van Caledon gemeente se gebied  uit te brei.
  2. Maranatha sopkombuis  - Ds Awie Brand is hierby betrokke . Daar word nie net ‘n maaltyd aan behoeftige persone voorsien maar hul word  ook geestelik bedien.
  3. Kleinmond Kinderhuis – Alma Engelbrecht  is hier die skakelpersoon. Alma  doen baie werk vir die Kinderhuis veral om waar daar behoeftes is te help.
  4. Riemvasmaak terug skool toe projek - Alma Engelbrecht is ook hier betrokke om aan die begin van ‘n nuwe skooljaar  behoeftige kinders  van ‘n paar skoolskoene en skryfbehoeftes te voorsien.
  5. Weskerk Kospakkie projek -  hierdie projek voorsien een keer per maand kospakkies aan behoeftige gesinne  om hul nood te verlig
Scroll to top